Ontploffing by myn eis 12
2009-12-28 10:56
Beijing – ‘n Ontploffing by ‘n steenkoolmyn in die noorde van China het die lewens van sowat 12 persone geëis, het die plaaslike media berig.
Volgens die Xinhua-nuusagentskap is 12 mynwerkers dood nadat ‘n gasontploffing ondergronds plaasgevind het.
Sowat vier persone het die ontploffing oorleef.
In ‘n soortgelyke voorval is sowat 11 mynwerkers in die Yunan-provinsie ondergronds vasgevang nadat ‘n ontploffing ook daar plaasgevind het.
Die myne in China is van die dodelikste in die wêreld, met erge rampe wat gereeld talle lewens eis. Kundiges meen dit is as gevolg van swak veiligheidmaatreëls en ‘n aanhoudende gejaag om aan die land se hoë steenkool vereistes te voldoen.
Sowat 108 mynwerkers is verlede maand by die Xinxing-steenkoolmyn in Hegang in die noordooste van van die land dood na ‘n gasontploffing.
–Sapa, AP