Ontploffing by militêre depot eis 12
2011-07-11 10:12
Londen – Minstens 12 mense is dood en 30 is beseer in ‘n ontploffing by ‘n opslagplek vir krygsvoorraad in die suide van Ciprus.
'n Brand het in die vroeë oggendure by die Evangelos Florakis-basis in die stad Zygi uitgebreek.
Twee houers plofstof het aan die brand geraak, het ‘n polisiewoordvoerder aan die CNS-nuusagentskap gesê.
Daar is 98 sulke houers in die depot.
Die vlamme brand steeds onbeheersd voort, berig BBC.
Luidens die BBC is die plofstof twee jaar gelede van ‘n skip wat van Iran na Sirië op pad was, gekonfiskeer.
Die staatbeheerde televisiekanaal het gesê die ontploffing het groot skade aan die omliggende gebied aangerig en onbeheerste brande in die droë somerweer veroorsaak.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.