Ontploffing by Russiese fabriek eis een
2010-02-02 21:58
Moskou - ‘n Werker is dood tydens ‘n ontploffing by ‘n aluminiumpoeier-aanleg, wat aan die biljoenêr Oleg Deripaska se UC Rusal-firma behoort.
“Daar was ‘n ontploffing gevolg deur 'n brand by die Shelekhov Powder Metallurgy.
"‘n Area van 700m² het afgebrand en een man is as gevolg van die ontploffing oorlede,” het die maatskappy in ‘n verslag gesê.
Twee ander werkers is ernstig beseer en ‘n ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die ontploffing te bevestig.
Alhoewel die masjinerie stopgesit is, sal Rusland se aluminiumproduksie nie daaronder lei nie.
- Sapa