Onnie vas na seks met meisies
2009-07-24 13:15
China- ‘n Hof in China het Vrydag ‘n lewenslange tronkvonnis aan ‘n vrou toegedien nadat sy, vier plaaslike amptenaars en drie ander persone (waarvan een 'n onderwys) betrokke was by die verkragting en gedwonge prostitusie van skoolmeisies.
Die hof, in die Suidwestelike provinsie van Guizhou, het die werklose, Yuan Ronghui, lewenslank gevonnis nadat daar bevind is dat sy tien skoolmeisies forseer het om aan prostitusie deel te neem.
Dit het glo vanaf Oktober 2007 tot Junie 2008 plaasgevind.
Die sewe mans wat ook skuldig bevind is het die meisies glo in Ronghui se woonstel verkrag. Drie van die meisies was nog op laerskool en is glo by die skool ontvoer deur twee tieners.
Die mans het elk tussen sewe en 14 jaar tronkstraf gekry.
Een van die mans, Feng Zhiyang, ‘n onderwyser, het 14 jaar tronkstraf gekry nadat daar bevind is dat hy betaal om seks te hê met een van die meisies.
–Sapa