Onderwyseres steek haarself aan die brand
2011-10-14 17:22
Parys – ‘n Franse wiskunde onderwyser het petrol oor
haar uitgegooi en haarself voor haar leerlinge aan die brand gesteek.
Die vrou het op die skoolgronde van die skool
in Beziers in die suide van Frankryk uitgestap met ‘n kannetjie brandstof in die
hand.
Nadat sy die petrol oor haarself uitgegooi
het, het sy ‘n vuurhoutjie getrek en voor die hele skool haar eie lewe probeer
neem.
Bystanders het die vlamme geblus en sy is
hospitaal toe gehaas waar sy later aan haar wonde beswyk het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP