Onderwyser in liefdesdriehoek by skool vermoor
2011-05-17 20:03
Parys – ‘n Onderwyser in 'n liefdesdriehoek was die slagoffer van jaloesie toe die man van sy skelmpie by sy skool opgedaag en hom met ‘n
mes gesteek het.
‘n Man,
wat nie deel is van dié kollege in Saint Maximim nie, het by die skool opgedaag
en die 35-jarige onderwyser met ‘n mes gesteek.
Die onderwyser is kort daarna oorlede.
“’n Man het by die skool aangekom, die
onderwyser met ‘n mes gesteek en gevlug,” het ‘n plaaslike amptenaar, wat
anoniem wou bly, gesê.
“Die hele affêre was privaat en het niks met
die Robert et Nelly de Rothschild-kollege uit te waai nie,” het hy bygevoeg.
“Die onderwyser en die man se vrou was
blykbaar in ‘n verhouding gewees.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP