Onderwys 'het wêreldwyd groot gapings'

2011-11-02 09:05
Tweets Share Share line Print

Doha – Onderwys word wêreldwyd deur enorme uitdagings in die gesig gestaar. Dit is die sleutel tot vooruitgang en dit moet individue en gemeenskappe vir ’n baie onseker toekoms voorberei, maar regerings kan dit nie langer alleen doen nie.

Só het sjeik Abdullah bin Ali Al-Thani, voorsitter van die Qatar-stigting vir onderwys, wetenskap en gemeenskapsontwikkeling, gister hier by die derde World Innovation Summit for Education (Wise) gesê wat deur sowat 1200 onderwys-afgevaardigdes uit 120 lande bygewoon word.

Die Wise-inisiatief is in 2009 deur die Katar-stigting onder leiding van Sheikha Moza bint Nasser begin en het ten doel om te kyk hoe onderwys verbeter kan word om jong mense vir die toekoms voor te berei en ook hoe dit mense se maatskaplike en ekonomiese omstandighede kan verbeter.

Wise is ’n internasionale multi-sektorale forum vir kreatiewe denke, debatte en aksies. Dit fokus daarop om besluitnemers en onderwyspraktisyns wêreldwyd byeen te bring sodat innoverende besluite geneem kan word oor hoe die onderwysuitdagings wêreldwyd gepak kan word.

Die tema van vanjaar se beraad is “Verander samelewings, verander onderwys”. Die klem val hoofsaaklik op nuwe modelle vir onderwysinnovasie, die rol van onderwys in die bevordering van maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling en sukesvolle organisatoriese veranderingsprosesse.

Nasser het gesê Wise is gegrond op die waarneming dat onderwysuitdagings nie langer tot lande se politieke grense beperk is nie. Dit is ’n internasionale aangeleentheid wat alle nasies raak.

“Wise besef die uitdagings waardeur die wêreldgemeenskap in die gesig gestaar word was nog nooit groter nie. Ons het innoverende oplossings nodig wat nie meer net deur tradisionele benaderings bereik kan word nie.”

Volgens haar het baie lande die afgelope dekades ontsaglike vordering gemaak wat toegang tot onderwys betref.

“Daar is egter steeds groot en groeiende gapings in die stelsels wat ons vandag het en die modelle wat nodig is om die leerders van môre toe te rus om probleemoplossers te wees.”

Die onderwysuitdagings wêreldwyd word weerspieël in die feit dat bykans 17% van die wêreld se volwassenes – sowat 796 miljoen mense – steeds nie basiese geletterdheidsvaardighede het nie, en hiervan is twee derdes vroue.

Die aantal kinders wat nie skool bywoon nie, het van 106 miljoen in 1999 tot 67 miljoen in 2009 afgeneem, maar sedertdien bly dit op dié vlak.

Daar is wêreldwyd ook groot kommer oor studente wat nie hul studies voltooi nie. In die VSA het sowat 6,2 miljoen studente tussen 16 en 24 jaar in 2007 uit die hoërskoolstelsel geval sonder om ’n algemene diploma te kry. In 2009 het meer as 6 miljoen in die Europese Unie uit die stelsel geval sonder om hoërskool te voltooi. In die helfte van die minste ontwikkelde lande het minstens twee uit vyf leerders uit laerskole geval sonder om die laaste graad te voltooi.

Nasser het ook na die situasie in die Arabiese streek verwys en gesê jong mense is ingestel op hul regte en vandaar die onlangse opstande in verskeie lande.

Sy het gesê die jeug verdien ’n toekoms met betekenis en tot 15 miljoen werksgeleenthede sal ook die volgende dekade in die streek geskep moet word.

Die fokus by gister se beraad het geval op waarom innovasie, veral in onderwys, so moeilik is en hoe te werk gegaan moet word om nuwe onderwysbenaderings in werking te stel.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: onderwys

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.