Olieramp vererger spoedig
2010-05-02 04:51
Miami – Die reuse-oliestorting in die Golf van Mexiko het in grootte verdriedubbel, het Amerikaanse wetenskaplikes gesê.
Satellietbeelde wat deur die universiteit van Miami bestudeer is, dui daarop dat die olie van sowat 3 000 vierkante kilometre na 9 900 vierkante kilometre versprei het oor die laaste dag.
Volgens Hans Graber van die universiteit versprei die olie baie vinniger as wat verwag was.
Dierebeskermingsgroepe het reeds begin om hul eerste pasiënte, seevoëls wat met dik, swart olie bedek is, in te neem.
Lees meer hieroor by Skynews
Volg Nuus24 op Twitter