Olieramp vererger nadat Operasie Top Kill misluk

2010-05-31 07:35
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – BP se poging om die oopgeboorde gat in die Golf van Mexiko met 30 000 vate “swaar modder” toe te stop, het misluk.

Top Kill, soos die operasie bekend staan, het tot dusver misluk, het die petroleumreus die naweek in ’n verklaring gesê.

BP gaan nou ander gate in die seebodem boor in ’n poging om die olie dáár uit te pomp.

Dié oliereus hoop om dieselfde put raak te boor as dié waaruit olie reeds 41 dae onbeheersd in die Golf van Mexiko stroom.

Die petroleumreus het die afgelope naweek 30 000 vate modder, waarin gholfballe, stukkende motorbande en ander “swaar materiaal” met modder gemeng is, in die gat afgepomp om dit te probeer toemaak.

Die plan was om dit dan met ’n prop van sement af te seël.

“Die operasie was ongelukkig ’n mislukking. Ons het tot 80 vate swaar modder per minuut in die gat ingepomp, maar die olie kom steeds uit. Die modder kon nie weerstand bied teen die krag waarmee die olie na bo kom nie,” lui die verklaring.

Intussen raak die kritiek teen pres. Barack Obama van die VSA al feller oor sy oënskynlike verdraagsaamheid teenoor BP én omdat die regering nie ingryp om te keer dat die ekologiese ramp vererger nie.

Obama het die naweek tydens sy tweede besoek aan die rampgebied herhaal BP is die skuldige en dat die petroleummaatskappy ál die blaam vir die grootste olieramp in die Amerikaanse geskiedenis moet dra.

Hy het die inwoners van die gebied Saterdag die versekering gegee dat hy die druk op BP sal volhou en dat die petroleumreus die skade aan “hul lewens en die omgewing” móét herstel.

Obama het vroeër gesê hy kan nie ingryp nie omdat sy regering geen wetenskaplikes het wat kennis van tegnologie in die diepsee het nie.

“Net so woedend soos wat dit ’n mens maak, so breek dit ook jou hart en ons sal nie rus nie voordat hierdie olielek toegestop en die see en kus skoongemaak is .”

Hy het bygevoeg die mense in die Golf van Mexiko was ongelukkige slagoffers van ’n mensgemaakte ramp en dat hul lewe deur BP “heelgemaak moet word”.

BP het luidens die verklaring gesê sy bykomende boorwerk sal moontlik eers teen einde Julie voltooi wees.

Bewaringsorganisasies is woedend vir BP oor die olielek, die gemors wat hy in die see pomp, asook die chemikalieë wat hy in die rehabilitasieprojek gebruik.

Hulle beskuldig BP nou ook daarvan dat sy 22 000 werkers wat met Top Kill help, nie behoorlik opgelei is nie en siek word van die olie.

BP se se Deepwater Horizon olieboor het op 20 April ontplof. Elf mense is in die ontploffing dood.

BP het na raming reeds meer as R2,7 miljard aan die herwinning van die olie en die rehabilitasie van die omgewing bestee. 

Lees meer oor: olieramp  |  olieboor  |  natuurrampe

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.