Olieboor-krisis in Australië
2009-11-02 20:43
Sydney - ‘n Lekkende olie boor wat aan die brand is in die Timor See kan enige oomblik inmekaar stort, het die olie-boor bestuurder gesê.
Staats amptenare is reeds hoogs gefrustreerd nadat pogings om die lekkasie te stop, telkens misluk.
PTTEP Australasië beplan om nog swaar modder in ‘n lekkende olie-put omhulsel te gooi in ‘n poging om die olie wat tans die vuur voer, te stop.
Die vuur het begin toe werkers modder in ‘n gat ingegooi het wat al sedert Augustus olie lek.
‘n Gedeelte van die olieboor het reeds inmekaargeval en daar is ‘n groot moontlikheid dat die hele struktuur binnekort in die see in kan tuimel.
- Sapa