Olie in Golf gaan weggebrand word
2010-05-06 16:33
Kaapstad – In ‘n poging om die brose kuslyn van die VSA teen die reuse-oliekol in die Golf van Mexiko te beskerm, is besluit om dié kol weg te brand.
“Geen bewoonde gebiede sal na verwagting geaffekteer word deur die gekontroleerde vuur nie,” lui 'n verklaring deur die Deepwater Horizon Incident Joint Information Centre (DHICIC).
“Ons verwag ook nie dat die brand enigsins ‘n impak op seeskilpaaie of seesoogdiere sal hê nie.”
Owerhede het reeds die 28ste April ‘n gedeelte van die oliekol vir net onder ‘n halfuur gebrand.
Volgens die DHICIC is duisende liters olie suksesvol verwyder tydens die brand.
– Sapa