Oekraïne: 16 sterf in tehuis-brand
2011-07-10 12:00
Kief – Altesaam 16 mense is dood toe ‘n brand in ‘n tehuis in die weste van Oekraïne ontstaan het, het die land se nooddienste gesê.
Die brand het om middernag in die tehuis waarin 25 mense woon, ontstaan. Die sorgeenheid is in die klein dorp Beloye geleë.
Volgens die nooddienste is 16 mense in die brand dood. Elf mense, waaronder twee werknemers, is gered.
Drie oorlewendes is in ‘n kritieke toestand.
Volgens ‘n verklaring is die brand deur nalatigheid veroorsaak. Die brand het vyf ure lank gewoed.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP