Occupy Wall Street-betoger geskiet
2011-11-10 23:26
Burlington (Amerika) – Die polisie in Burlington sê ‘n 35-jarige man
is in ‘n kritieke toestand nadat hy by ‘n Occupy Wall Street-optog geskiet is.
Polisiebeampte Andi Higbee sê hy glo nie die
publiek is enigsins in gevaar nie, maar die omstandighede wat tot die skietery
by City Hall Park gelei het, word ondersoek.
Die slagoffer se naam sal eers bekendgemaak
word nadat sy familie van die voorval ingelig is.
Betogers kamp sedert 28 Oktober in City Hall
Park as deel van die wêreldwye Occupy Wall Street-beweging.
Burlington is die grootste stad in die staat
Vermont.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP