Occupy: 70+ betogers in LA vasgetrek
2011-11-18 14:06
Los Angeles – Die polisie sê hulle het meer as 70 betogers van Occupy Wall Street in Los Angeles, Kalifornië, in hegtenis geneem.
In die noorde is meer as 30 mense in Portland, Oregon, vasgetrek terwyl polisiebeamptes vandeesweek betogers se kampeerplek by die Universiteit van Kalifornië vir ‘n tweede keer ontruim het.
Los Angeles se polisiedepartement, LAPD, sê betogers is in aanhouding geneem nadat hulle nie die voorgestelde roete vir hul optog gevolg het nie.
Die meeste betogers het op die sypaadjies gebly, maar ander het later glo die verkeer begin ontwrig.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP