Obama word hof toe gesleep
2012-01-24 17:56
Washington – ‘n Regter in Georgia, Amerika, het beveel dat pres. Barack Obama hierdie week in die hof moet verskyn in ‘n hofsaak oor of hy ‘n Amerikaans-gebore burger is wat president mag wees, het iafrica.com berig.
Die hofsaak is aan die rol gesit deur die sogenaamde “birther”-beweging wat meen Obama is in die buiteland gebore. Dit kon egter nog nie bewys word nie.
Dit is nog onduidelik of ‘n hof ‘n regerende president kan dwing om ‘n hofsaak by te woon.
Michael Malihi, die adjunkregter in Georgia, het ‘n mosie deur die president se regsverteenwoordiger wat eis dat die dagvaring nietig verklaar word, van die hand gewys.
– Lees die volledige artikel by iafrica.com.
– Volg Nuus24 op Twitter.