Obama uitgenooi om Hiroshima te besoek
2009-10-27 20:22
Tokio - Japannese koerante en aktiviste het ‘n beroep op Barack Obama gemaak om die eerste Amerikaanse president te wees om Hiroshima of Nagasaki te besoek.
Hiroshima en Nagasaki is die enigste stede in die wêreld wat deur ‘n atomiese bom verwoes is.
Die twee burgermeesters het hom formeel na hul stede uitgenooi tydens sy besoek aan Japan in November.
Dit is egter onwaarskynlik dat hy dit in die twee dae wat hy in Tokyo sal deurbring, sal inpas.
Obama se toespraak in Praag vroeër die jaar waarin hy hom uitgespreek het teen kernwapens, het verwagtinge geskep day hy sy houding sal bevestig deur ‘n besoek aan die stede.
Sy benoeming as Nobelprys-wenner het dié verwagtinge verder laat opvlam.
‘n Besoek van die aard sal egter politiese implikasies vir die president inhou.
Amerikaanse Republikeine sal dit moontlik as ‘n veroordeling van die Tweede-Wêreld Oorlog besluit om die stede te verwoes, interpreteer.
- Sapa