Obama sny begroting vir ruimtevaarders
2010-02-02 05:19
Kaapstad – As president Obama se begroting goedgekeur word, sal Amerikaanse ruimtevaarders nie terugkeer na die maan soos wat beplan is nie.
Die president se begroting is daarop gemik is om die nasie se beursies in sekere areas bietjie toe te knyp, terwyl meer geld gebruik moet word om werksgeleenthede te skep.
Gevolglik kan NASA se Konstellasie-program, wat beoog het om ruitevaarders teen 2020 weer terug te stuur maan toe, gekanselleer word.
Die Withuis se begrotingskantoor het op hulle webwerf gesê dat die program om ruimtevaarders na die maan te stuur agter skedule is, oor die begroting gegaan het en in die algemeen minder belangrik as ander ruimte-beleggings is.
Vir meer, lees by CNN