Obama se groen-adviseur bedank

2009-09-06 09:19
Tweets Share Share line Print

Washington - President Barack Obama se spesiale adviseur vir omgewingskwessies het bedank onder druk van Republikeinse politici en onthullings oor kontroversiële stellings wat hy gemaak het, het die The Washington Post Sondag berig.

Van Jones, 'n voormalige menseregte-aktivis van Kalifornië, het sedert Maart vir die Withuis se Raad oor Omgewingsgelykheid gewerk.

"Ek bedank uit my pos by die Raad oor Omgewingsgelykheid, met onmiddellike effek," het die koerant hom aangehaal. Jones se verklaring is 5 September gedateer, maar dit is kort na middernag op Sondag 6 September vrygestel.

Jones sê verder dat opponente van hervorming, op die vooraand van historiese gevegte oor gesondheidsorg en skoon energie, 'n smeerveldtog teen hom begin het.

"Hulle gebruik leuens en verdraaiings om aandag af te lei en te verdeel. Maar ek het hierheen gekom om te veg vir ander, nie vir myself nie. Ek kan nie met 'n skoon gewete vir my kollegas vra om kosbare tyd en energie te gebruik om my verlede te verduidelik of verdedig nie. Ons het alle hande nodig om vir die toekoms te veg."

Jones was verlede week in die nuus nadat dit aan die lig gekom het dat hy 'n petisie geteken het wat bevraagteken of amptenare in die Bush-administrasie toegelaat het dat 9/11 gebeur as 'n aanleiding tot oorlog.

Jones het glo ook 'n kru-term gebruik om na Republikeine te verwys in 'n toespraak wat hy gegee het voor hy by die administrasie aangesluit het, berig die koerant.

- AFP

Lees meer oor: groen sake  |  obama  |  vsa politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.