Obama onderneem om VSA-ekonomie herstel
2010-01-28 10:25
Washington - Pres. Barack Obama beloof om die VSA se ekonomie te herstel, berig Sky News.
Die beleërde Obama het in sy eerste jaarlikse staatsrede beloof om werksgeleenthede sy eerste prioriteit te maak.
Hy’t voorspel dat sowat 1,5 miljoen werksgeleenthede met die sogenaamde stimuluswetgewing geskep sal word.
Obama het samewerking onder wetgewers aangemoedig om nuwe stimulusbesteding en korttermyn ekonomiese verligting, te bevorder.
“Verandering het nog nie vinnig genoeg gebeur nie.
“Ek aanvaar nie tweede plek vir die VSA nie,” het die president gesê.
Kliek hier vir die volledige storie