Obama moet bel, sê dominee
2010-09-09 21:59
Kaapstad – Die Amerikaanse dominee wat dreig om ‘n Koran te verbrand op die herdenking van 9/11, het aangedui dat hy dalk sy plan sal laat vaar ‘as Obama hom vra’, berig Sky News.
Die Withuis het egter gesê dat hulle nog geen besluite aangaande die beplande gebeurtenis geneem het nie.
Eerw. Terry Jones het aan die USA Today gesê dat dat hy nog glad nie deur die Obama administrasie gekontak is nie.
“Dit sal ons beslis noodsaak om die hele affêre te heroorweeg,” het hy gesê.
“Ek dink nie ons sal ‘n oproep van hulle ignoreer nie.”
Die Withuis het aangedui dat Obama se regering wel die moontlikheid van so ‘n oproep oorweeg.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.