Obama kyk self hoe olie uit boorgat in see lek

2010-05-03 08:22
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Te midde van toenemende vrese dat die olieramp in die Golf van Mexiko die grootste in die geskiedenis van die VSA kan word, het pres. Barack Obama gistermiddag self die gebied besoek om te kyk na die omvang van die ramp.

Duisende liters ruolie lek reeds langer as ’n week uit ’n ondersese olieboorgat ná ’n ontploffing op die Deepwater Horizon-olieplatform sowat twee weke gelede.

Die platform het ná die ontploffing begin brand en twee dae later gesink. Elf werkers is in die ontploffing dood.

Die verbindingspypleiding (van sowat 1,5 km) tussen die seebodem en die oppervlak is deur die ontploffing afgeruk en sedertdien lek die olie in die see.

Daar word geraam dat sowat 800 000 F ruolie per dag uit die boorgat lek.

Luidens ’n berig van Voice of America het Obama gister die gebied besoek om homself van toestande daar te vergewis en te verseker dat alles moontlik gedoen word om die kuslyn van Amerika teen die oliebesoedeling te beskerm.

Die olieplatform was sowat 50 km van die kus, met die gevolg dat die olielaag eers die naweek op dele van die kus begin uitspoel het.

Die vrees bestaan dat groot dele van die kus van Louisiana deur die olie besoedel kan raak, met gevolglike vrektes onder vis- en seelewe in die gebied.

Die gebied is sowat ses jaar gelede deur die orkaan Katrina verwoes en was net besig om te herstel van die ramp.

Verlede week is daar gepoog om van die olie op die oop see te laat uitbrand, maar onstuimige seetoestande het die pogings grotendeels in die wiele gery.

British Petroleum (BP), wat die olieplatform beheer het, het die naweek gesê hulle probeer alles in hul vermoë om die oliebesoedeling te voorkom.

Volgens Amerikaanse wetgewing moet die besoedelaar betaal vir die opruiming en skoonmaak van die besoedeling – wat in dié geval miljarde dollars gaan kos.

Indien planne om die boorgat met afstandbeheerde duikbote te verseël nie slaag nie, word daar gevrees dat die boorgat tot 90 dae lank kan lek voordat ’n nuwe boorgat langs die bestaande een geboor kan word om die vloei van olie te keer.

 – Beeld

Lees meer oor: olierampe  |  olieramp bp

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.