Obama jaag 'betekenisvolle' klimaat-ooreenkoms
2009-12-15 02:06
Washington - Die president van die VSA, Barack Obama, wil hê wêreldleiers moet op 'n "betekenisvolle ooreenkoms met daadwerklike stappe" tydens die klimaatberaad in Kopenhagen besluit.
"Die president sal homself daartoe verbind om 'n ooreenkoms te bewerkstellig waardeur lande betekenisvolle stappe sal moet neem om klimaatverandering die hoof te bied," het Robert Gibbs, Withuis- woordvoerder, Maandag gesê.
Obama sal Donderdag die laaste dag van die twee weke lange beraad bywoon.
Een honderd en twintig wêreldleiers sal dan poog om 'n ooreenkoms te bereik om die produksie van gasse wat met aardverhitting verbind word, te verminder.
- Sapa-AFP