Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Obama fokus op ekonomie

2013-02-13 13:43
Tweets Share Share line Print

Washington – Die Amerikaanse president, Barack Obama, het Dinsdag in sy staatsrede die klem op binnelandse sake geplaas, en veral gefokus op planne om nuwe lewe in die Amerikaanse ekonomie te blaas, die moordsyfer af te bring en die immigrasiestelsel te hervorm.

Hy het slegs kortliks oor buitelandse krisisse gepraat, en die geleentheid gebruik om Noord-Korea se jongste kerntoets te veroordeel en oor Iran se kernprogram kommentaar te lewer. Hy het ook planne bekendgemaak om die helfte van die VSA se soldate in Afganistan binne ‘n jaar huis toe te bring, maar hy het benadruk dat die internasionale soektog na terreurverdagtes sal voortgaan.

Obama het die VSA se standvastigheid en vasberadenheid in moeilike ekonomiese tye geprys en het onderneem om die middelklas weer op te hef.

“Ons het saam die puin van die krisis opgeruim en kan met hernude vertroue sê ons land is sterker,” het Obama gesê.

Obama het beklemtoon dat Washington erns moet maak met die begrotingstekort. Hy het eger miljarde dollars se outomatiese besnoeiings wat op 1 Maart intree, as ‘n “baie slegte idee” beskryf.

Hy het ook die Republikeine se planne om aftreevoordele en gesondheidsorg vir seniors aan te pas beskryf as “selfs slegter [idees]”.

“’n Groeiende ekonomie wat goeie, middelklaswerke skep – dit moet die noordelike ster wees wat ons lei,” het hy gesê.

Obama het die meeste passie gewys toe hy oor maatreëls gepraat het om wapengeweld te beheer ná die dood van 20 kinders by ‘n skool in Connecticut in Desember.

“As jy nee wil stem is dit jou keuse,” het hy gesê.

“Hierdie voorstelle verdien ‘n stem.”

Hy het verder aangekondig dat 34 000 van die 66 000 Amerikaanse troepe wat nog in Afganistan is teen volgende Februarie sal terugkeer. Alle troepe sal teen 2014 weer by die huis wees.

Hy het ook gesê Noord-Korea se kerntoets Dinsdag het dié land net méér geïsoleer, en hy het onderneem om saam met Asiatiese bondgenote te werk om verdediging teen moontlike missielaanvalle te versterk.

Obama het verder gesê “Iran moet besef dat hierdie die tyd is vir ‘n diplomatieke oplossing”. Leiers van Iran voer later in die maand met wêreldleiers samesprekings oor dié land se kernprogram.

Hy het gesê hoewel Al-Kaïda ‘n “skadu” is van wat hy eens was, sal sy regering werk om lande soos Jemen, Libië en Somalië met sekerheidsmaatreëls te help. Hy het bygevoeg dat hy bondgenote soos Frankryk sal help om teen ekstremiste in Mali te veg.

Obama het ook die begin van formele gesprekke tussen die VSA en die Europese Unie aangekondig rakende ‘n trans-Atlantiese handelsooreenkoms en hy het ‘n plan hersien om kuberaanvalle op Amerikaanse infrastruktuur te verhoed.

Die president het ook gesê hy wil ‘n wetsontwerp voorstel wat dit vir onwettige immigrante help om binne maande burgerskap te kry.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- AFP

Lees meer oor: barack obama  |  vsa
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday North Riding - 19:05 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Witkoppen Road
  • Tuesday Bramley - 18:52 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS short-timing at M1 Highway
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.