Obama en bekendes beveg vetsug
2010-02-10 04:12
Washington - Amerika se presidentsvrou, Michelle Obama het Dinsdag talle bekende en invloedryke mense se steun gewerf in haar veldtog teen hebsug in dié land.
"Ons werk saam met die Walt Disney maatskappy, NBC Universal en Viacom om 'n landswye bewusmakingsprogram te loods. Hiermee wil ons ouers en kinders oplei hoe om vetsug onder kinders te beveg."
Die veldtog heet "Let's Move".
Volgens Obama is dié verskynsel onder Amerikaanse jeug "een van die grootste bedreigings vir die toekoms van (Amerikaanse) kinders."
Disney het aangedui hul gaan 'n paar van hul bekende swaargewigte kry om Obama te steun deur om die tema van 'n gesonde leefstyl in sekere van hul televisiereekse in te werk.
Hieronder geld die vreeslik gewilde Hanna Montana.
- Sapa-AFP