Obama blus vure oor gesondheid

2009-09-13 12:03
Tweets Share Share line Print

Washington - Pres. Barack Obama staan bont om die vure te blus onder sekere ontevrede Amerikaners oor sy nuut beplande gesondheidsplan.

Obama het die naweek talle publieke byeenkomstes gehou waar hy die evangelie van sy party se nuwe gesondheidsplan uitbasuin het. Sy toesprake is ook oor die radio, televisie en internet uitgesaai.

Verder beplan die president om hierdie trant voort te sit met nog saamtrekke sodat hy weer beheer oor die vuurwarm debat oor die land se gesondheidsplan kan herwin.

Obama het verlede week in die nasionale kongres sy Demokrate en die Republikeine aangemoedig om saam te staan in verband met hierdie brandpunt.

"Ek sal nie die status quo aanvaar nie. Nie hierdie keer nie. Nie nou nie," het hy aan sowat 15 000 mense in Minneapolis gesê.

Obama probeer sy bes om sy ondersteuners en diegene wat op mediese fondse is, te oortuig dat 'n nuwe benadering wat die land se gesondheidsplan betref, die regte koers is om te kies. Hy meen dit is net so belangrik vir mense wat mediese dekking het, as wat dit is vir diegene wat dit nie het nie.

Agter die skerms is die president se span egter hard aan die werk om met wetgewers 'n ooreenkoms te bereik om die nuwe plan in die kongres goedgekeur te kry - met of sonder die Republikeine se steun.

Die VSA is die enigste ontwikkelde land in die wêreld wat nie mediese dekking vir Jan Alleman bied nie.

Terwyl talle Amerikaners al keelvol is vir die land se benadering tot dié dekking, was die onderwerp nog altyd een wat gelei het tot politieke vuurwerke.

Republikeinse leiers sê hulle stem saam met Obama dat die huidiglike mediese dekking verander moet word, maar hulle meen Obama se plan is te duur en sal nie werk nie.

"Die status quo ís onaanvaarbaar ja, maar dieselfde geld vir die opsies wat deur die administrasie en die Demokrate aanbeveel word," aldus sen. Mitch McConnell, 'n opposisieleier.

Obama stoot vir 'n nuwe gesondheidsplan wat met private mediese dekking kan kompeteer. Hy het beklemtoon dat niemand geforseer gaan word om die opsie te kies nie, en dat hy oop is vir hoe om die beleid te implimenteer.

- Sapa

Lees meer oor: barack obama  |  vsa-politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Atta sê... O julle Delilas, dink net hoe onrustig ons arme mans deesdae is. Dametjie, jy sal eers 'n baie streng tande toets moet druip voor ek jou gaan uitneem! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2006
R 245,000.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2007
R 114,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.