Obama besorgd oor Christene in Egipte
2011-10-10 20:52
Washington – Die Amerikaanse president, Barack Obama, is “baie
besorgd” oor die geweld in Egipte, het die Withuis gesê.
Die Withuis het ‘n beroep op Egipte gedoen om
die Koptiese Christene, ‘n minderheidsgroep, te beskerm en om so gou as
moontlik ‘n verkiesing te reël.
“Die president is baie besorgd oor die geweld
in Egipte wat tot die dood van betogers en sekuriteitsmagte gelei het,” het Jay
Carney, ‘n woordvoerder vir die Withuis, in ‘n verklaring gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP