Amerika, Frankryk, Brittanje bespreek Libië
2011-03-18 09:46
Washington - Barack Obama, president van die VSA, het in gesprek getree met Frankryk en Brittanje om ‘n Libiese strategie uit te werk nadat die Verenigde Nasies (VN) se sekuriteitsraad bekend gemaak het dat hy militêre optrede teen Muammar Gaddafi, leier van Libië, se magte steun.
Kort na die aanvaarding van die resolusie het Obama met Nicolas Sarkozy, die Franse president, en David Cameron, die Britse premier, kontak gemaak.
Die VN se resolusie keur ‘n geen-vlieg-sone bo Libië goed, wil poog om Libiese burgers te beskerm en ‘n wapenstilstand op Gaddafi se weermag af te dwing.
“Dié leiers het ingestem dat Libië onmiddelik aan al die voorwaardes moet voldoen en dat die geweld teenoor die burgers van Libië moet end kry,” het die Withuis in ‘n verklaring gesê.
“Hulle het ook ingestem om met internasionale bondgenote saam te werk om te verseker dat die VN-sekuriteitsraad se resolusie in Libië ingestel word.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA