Obama: 'Ek verdien nóg 'n kans'
2012-02-06 12:00
Washington – Pres. Barack Obama het Sondag gesê hy verdien om herverkies te word omdat Amerika se ekonomie is besig om te herstel met nuwe werksgeleenthede wat ook geskep word.
In 'n onderhoud met NBC het Obama verwys na die syfers van nuwe werksgeleenthede wat Vrydag bekendgemaak is. Volgens dié syfers is 243 000 werke in Januarie geskep wat die werkloosheidsyfer na 8,3% laat afneem het.
"Ek verdien 'n tweede termyn. Maar ons is nog nie klaar nie," het Obama in die onderhoud gesê.
"Drie jaar gelede het ons 750 000 werke 'n maand verloor, nou skep ons 250 000. Ons het die meeste werke in die vervaardigingsbedryf sedert 1990 geskep, maar ons is nog nie klaar nie," het hy gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP