Nuwe regte vir gays in Brasilië
2011-05-06 20:51
Kaapstad – ‘n Hooggeregshof in Brasilië is ten gunste daarvan om paartjies van dieselfde geslag dieselfde wettige regte as getroude heteroseksuele paartjies te gee.
BBC berig die beslissing sal gay paartjies, wat in ‘n “stabiele” verhouding is, dieselfde finansiële en sosiale regte gee wat mense in heteroseksuele verhoudings het.
Brasilië is die wêreld se mees bevolkte Rooms Katolieke nasie en het ‘n beraamde hoeveelheid van 60 000 gay paartjies.
Die beslissing maak Brasilië een van die min Suid-Amerikaanse nasies wat gay paartjies dieselfde voordele as getroude heteroseksuele paartjies gee. Argentinië en Uruguay is ook ten gunste om gay paartjies dié voordele te gee.
“Die vryheid om jou eie seksualiteit na te streef is deel van ‘n individu se vryheid van uitdrukking,” het regter Carlos Ayres Britto gesê.
Gay aktiviste het die besluit verwelkom en sê dit is ‘n “geskiedkundige dag” vir hul land.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.