Nuwe omstrede wet in Frankryk goedgekeur
2010-10-14 05:16
Parys – Franse burgers wat elders as in Frankryk gebore is, sal voortaan hul Franse burgerskap verloor as hulle betrokke is in geweldadige misdaad teen polisiemanne.
Dié kontroversiele wetgewing is die week goedgekeur.
Die Nasionale Vergadering in Frankryk het 294 ten gunste van en 239 teen die nuwe wetgewing gestem.
Die wetgewing is deur die minister van immigrasie, Eric Besson, voorgestel.
Besson wil blykbaar hê sy ministerie moet “’n masjien wees wat goeie Franse burgers vervaardig”.
Volgens die nuwe wetgewing, sal burgers van die Europese Unie wat herhaaldelik hulself skuldig maak aan aggressiewe bedelary en die onwettige besetting van land, ook uit Frankryk verban word.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.