Nuwe inligting duik op in Maddy-saak
2010-03-03 14:50
Londen - Privaatspeurders wat op soek is na Madeleine McCann het blykbaar inligting in hul besit wat tot dusver nog nie gesien is nie, berig SkyNews.
Dié speurders sit glo op honderde bladsye se inligting oor die saak wat nog nooit gesien is nie.
Daar is ook beeldmateriaal van ‘n meisie wat soos Madeleine lyk wat in ‘n supermark in Nieu-Seeland ingelei word.
Daar is ook, onder andere, ‘n verslag van ‘n man wat gesien het hoe ‘n dogtertjie, wat duidelik ontsteld was, op die aand wat Madeleine verdwyn het, na die lughawe in Faro (Portugal) gesleep word.
Verskeie Britse publikasies het dié nuwe bewysstukke gepubliseer.
Kate en Gerry McCann is geskok dat dié inligting nooit ordentlik opgevolg is nie.
Madeleine het 'n paar dae voor haar vierde verjaardag in Mei 2007 uit 'n vakansieoord in Portugal verdwyn waar sy saam met haar familie was.
Sy is nog nooit gevind nie.
Kliek hier vir die volledige storie.