Nou wil Kersvader staak
2009-12-04 09:53
Sydney – Pensionarisse wat geld verdien deur as Kersvaders by winkelsentrums te werk het Donderdag gekla dat die Australiese Inkomstediens hulle Kersgees demp.
Dié Kersvaders dreig nou om te staak as die Inkomstediens nie veranderinge aan die belastingwet heroorweeg nie.
Volgens Rosalind Palisi, wat sowat 400 Kersvaders het wat vir hom werk, loop die pensionarisse die gevaar om hulle welsynstoelae tydens die feestyd te verloor weens die veranderinge aan die belastingwet.
Die pensioenarisse kon voorheen hul Kersinkomste oor die jaar finansiële jaar versprei en sodoende belasting beperk.
Die Kersvaders kan ook hul pensioentoelaag tydens die feesseisoen verloor terwyl hulle werk.
“Hulle voel hul pensioene is ‘n veilige inkomste terwyl die Kersvader-geld nou van hulle weggevat word,” het Palisi gesê.
“Hulle kan nie bekostig om nou nog hulle pensioen ook te verloor nie.”
–Sapa-dpa