Nóú kom die klappe, glo Romney

2012-01-05 08:00
Tweets Share Share line Print

Den Haag – Die verwarrende uitslag van die eerste Amerikaanse voorverkiesing in die wedloop om die Republikeinse Party se presidentskandidatuur gister het slegs die Demokrate bly gemaak.

Die Republikeinse kiesers van Iowa het geen antwoord gegee op die vraag wie hulle in die plek van pres. Barack Obama in die Withuis wil sien nie.

Soos verwag is, het Mitt Romney, oudgoewerneur van Massachusetts, gewen, maar met ’n naelskraapse meerderheid van agt stemme uit ’n totaal van byna 140 000.

Die groot verrassing is die goeie vertoning van die man wat tweede gekom het, oudsen. Rick Santorum, ’n Rooms-Katolieke fundamentalis wat byvoorbeeld teen voorbehoedmiddels is en álle aborsies – ook in gevalle van verkragting en bloedskande – wil verbied.

Dat Santorum goed in Iowa gevaar het, kan agteraf verklaar word. Hy het byna al sy beperkte geld daar bestee, en ­Iowa is een van die mees konserwatiewe state in Amerika.

Aanstaande week volg die voorverkiesings in die veel gematigder New Hampshire, Suid-Carolina op 21 Januarie en Florida tien dae later, en die verwagting is dat hy daar stoom gaan verloor.

Romney vorm deel van die Republikeinse gematigde vleuel, en met sy miljoene dollars en goeie organisasie is die kans beter dat hy die pyp daar gaan rook.

Wat teen hom tel, is dat hy reeds verskeie kere oor belangrike sake van mening verander het en dat hy lid van die Mormoonse-sekte is in ’n land waar kerklidmaatskap steeds ’n beduidende faktor by baie kiesers is.

Romney bly in dié stadium steeds die man om te klop. Die ander Republikeinse aspirant-kandidate, soos mnre. Ron Paul (wat Amerika uit die Verenigde Nasies wil laat bedank), Newt Gingrich (oudspeaker van die huis van afgevaardigdes) en Rick Perry (goewerneur van Texas), sal na verwagting in die komende dae intensief nadink of hulle nog in die wedloop wil bly.

Reutersberig Romney het ná sy oorwinning gister op ABC se Good Morning America gesê hy verwag nou éérs dwarsklappe van sy teenstanders.

Gingrich het Romney Dinsdag as leuenaar uitgekryt en Santorum het hom “gematig” genoem, ’n vloekwoord vir baie konserwatiewe Republikeine.

Romney het aan ABC gesê hy skryf sy naalskraapse oorwinning toe aan die feit dat daar so baie kandidate was.

“Jy kan nie met sewe mense in die veld dieselfde doen as met minder nie.”

– Die Burger
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: vsa  |  verkiesings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.