Noord-Korea gaan Amerikaner vrylaat
2010-02-05 11:22
Seoel - Noord-Korea het Vrydag aangekondig dat hulle die Amerikaner wat in Noord-Korea aangehou word na hy in Desember verlede jaar dié land onwettig betree het, gaan vrylaat, berig CNN.
“Die Demokratiese Volksrepubliek van Korea (DPRK) het besluit om (die Amerikaner) te vergewe en hom vry te laat.
“Die DPRK neem sy skulderkenning en opregte berou in aanmerking,” het die Noord-Korea se KCNA-nuusagentskap berig.
Robert Park het in Desember verlede jaar die grens tussen Noord en Suid-Korea oorgesteek “om die boodskap van Christus se liefde en vergifnis” na Kim Jong Il, Noord-Korea se kommunistiese leier, te neem.
Kliek hier vir die volledige storie.