Noord-Korea erken hy het kerntoets uitgevoer
2013-02-12 10:53
Seoel – Noord-Korea het Dinsdag ‘n kerntoets uitgevoer, het Suid-Korea se ministerie van verdediging gesê nadat seismiese aktiwiteit wat 4,9 gemeet het deur die Amerikaanse geologiese opname geregistreer is.
Die episentrum van die seismiese aktiwiteit, wat slegs een kilometer onder die aarde se oppervlak was, is naby die Noorde se onbekende kern-toetsaanleg.
“Ons is deur die Suid-Koreane ingelig dat daar ‘n [Noord-Koreaanse] kerntoets was,” het ‘n diplomaat van die VN-veiligheidsraad op die voorwaarde van anonimiteit aan Reuters gesê.
Noord-Korea het Dinsdag erken dat hy ‘n nuwe, meer kragtige kerntoets uitgevoer het en dat hy meer gesofistikeerde tegnologie daarvoor gebruik het, het CNN berig.
Dit was die eerste kerntoets wat onder Noord-Korea se jong leier, Kim Jong Un, uitgevoer is.
‘n Internasionale kerntoets-waghond het gesê die ligging van die seismiese gebeurtenis was “min of meer ooreenstemmend” met toetse wat in 2006 en 2008 uitgevoer is en het “duidelike karaktereienskappe van ‘n ontploffing” gehad.
Noord-Korea, wat met ‘n derde kerntoets gedreig het, het Beijing en Washington Maandag ingelig van planne om ‘n toets uit te voer, het Suid-Korea se Yonhap-nuusagentskap berig.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters