Noodtoestand uitgeroep ná aardbewing Mexiko ruk
2010-04-05 07:26
Tijuana, Mexico – Die regering van Mexiko se Baja California-staat het 'n noodtoestand uitgeroep in Mexicali, die stad wat die swaarste getref is deur 'n aardbewing van 7.2 op die Richterskaal.
Dié aardbewing is ook in die suide van Kalifornië gevoel.
Jose Guadalupe Osuna, goewerneur van Baja Kalifornië, het die aankondiging op 'n plaaslike televisiestasie gemaak.
Twee mense is volgens berigte dood en meer as 100 is beseer in Mexicali alleen. Dié grensstad het ongeveer 900 000 inwoners.
Die aardbewing het ook talle huise, kantoorgeboue en hospitale beskadig.
- SAPA