Noodtoestand in Noord-Carolina aangekondig
2011-08-25 20:06
Raleigh – Noord-Carolina het ‘n noodtoestand aangekondig
ter voorbereiding vir die kragtige orkaan Irene, wat vinnig op pad is na die
ooskus van Amerika.
Inwoners langs die Atlantiese kus in Noord-Carolina word ten sterkste aangeraai om hul huise te verlaat en na skuilings te
gaan.
Vir die kustelike distrikte van Dare
en Hyde is ontruimings verpligtend.
Die Currituck-distrik het ook alle toeriste beveel
om die area te verlaat.
Die bevolking in dié gebied, wat gewild is onder vakansiegangers, groei aansienlik in die somer. Sowat 180 000 mense word deur die ontruimings geraak.
“Ons kan nie regstappe neem teen mense wat weier om te ontruim nie, maar nooddienste sal nie later beskikbaar wees
indien hulle dit nodig kry nie,” het ‘n amptenaar van die Dare-distrik, Kelly
Davis, gesê.
“Indien inwoners besluit om te bly, stel hulle
hulself bloot aan uiterste weersomstandighede.”
Drie mense in die Bahamas het hul lewens
verloor ná orkaan Irene getref het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP