Nóg twee naskokke in Haïti
2010-01-26 18:55
Port-au-Prince – Twee nuwe naskokke het Haïti Dinsdag, slegs twee weke na ‘n verwoestende aardbewing, wéér tot stilstand geruk.
Volgens die Amerikaanse Geological Survey (USGS) het ‘n skudding van sowat 4.4 op die Richterskaal dié land omstreeks 13:16 (SA-tyd) getref. Joernaliste van die AFP en verskeie inwoners het egter berig dat ‘n skudding ook omstreeks 12:00 gevoel is.
“Ek het die skuddings gevoel. Dit was nie baie sterk nie, maar ek is altyd bang,” het Felix Lundi, ‘n inwoner wat in ‘n tydelike tent woon, gesê.
- Sapa-AFP