Nog stakings in Frankryk
2010-09-23 14:41
Parys – Talle treine is gekanselleer en pendelaars moes plek maak op beperkte publieke vervoer toe ‘n tweede ronde protesaksies in Frankryk afskop.
Volgens die Franse vervoeroperateur, RATP, loop minder as die helfte van die Parys Metro se lyne soos normaalweg.
Langafstand-treine sal ook na verwagting gekanselleer word, het die publieke treinmaatskappy, SNCF, gesê.
Daar sal ook blykbaar ernstige kansellasies by die Orly en Charles de Gaulle lughawens weens die staking wees.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP