Nóg soldate sterf
2009-09-03 22:10
Kabul- Twee Amerikaanse soldate is Donderdag dood in ‘n bomontploffing in Afganistan, berig die weermag.
Die soldate het deel uitgemaak van die internasionale veiligheidsbystand-mag (ISAF) en was op patrollie toe hulle ‘n geïmproviseerde ploftoestel (IED) in die suide van die land getref het.
Die webtuiste independent icasualities berig dat daar vanjaar reeds sowat 300 buitelandse soldate in Afganistan gesterf het. Dié webtuiste monitor die aantal sterftes onder soldate in Afganistan en Irak.
In 2008 het sowat 294 soldate gesterf. Meeste van die sterftes is as gevolg van IED’s. Dit is gewoonlik klein en onsigbaar en word veral deur die Taliban gebruik.
–Sapa, AFP