Nóg sewe dood in Sirië-onluste
2011-10-30 20:32
Kaïro – Sewe mense het Sondag in Sirië gesterf toe betogers die strate ingevaar het vir die begrafnisdienste van ander wat reeds deur magte van die regering doodgemaak is, het aktiviste aanlyn gesê.
Drie mense, insluitende ‘n 22-jarige vrou wat deur ‘n skerpskutter geskiet is, is in die provinsie Homs doodgemaak, het die Plaaslike Koördineringskomitees van Sirië gesê.
Twee is in die suidelike Daraa-provinsie dood en een in die noordelike provinsie Idlib, waar duisende mense die begrafnisdiens bygewoon het van ‘n man wat deur regeringsmagte doodgemaak is.
Een persoon is ook luidens berigte in die sentrale provinsie Hama doodgemaak.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA