Nóg naskokke tref Christchurch

2010-09-07 04:00
Tweets Share Share line Print

Christchurch - ‘n Skerp reeks van ongeveer 20 naskokke het Christchurch in Nieu-Seeland, wat onlangs deur ‘n magtige aardbewing getref is, deur die nag laat skud – en kenners het Dinsdag gewaarsku dat nóg ‘n sterk skudding die stad in die komende dae kan tref.

Die naweek se kragtige aardbewing het geboue en huise platgeslaan, paaie verniel en die middestad ontwrig. Tog is niemand dood nie en slegs twee mense is ernstig beseer.

Die middestad was teen Dinsdag steeds deur troepe afgebaken. Slegs eienaars van geboue en werkers is ingelaat om die gemors te begin opruim. ‘n Groot deel van die middestad het soos ‘n spookdorp gelyk.

Meer as 100 naskokke het die stad sedert Saterdag se kragtige aardbewing laat skud.

Deur die nag het sowat 20 skokke die stad laat rittel. Volgens kenners sal naskokke nog weke lank aanhou – en die ergste van hulle kom dalk nog.

“Dit is moontlik dat ons ‘n kragtige naskok in die volgende week sal beleef. Mense moet bewus wees daarvan, veral as hulle om strukture beweeg wat reeds beskadig is,” het Ken Gledhill, ‘n monitor by die geologiese agentskap GNS Science, gesê.

“Met ‘n vlak aardbewing soos dié kan die skokke nog weke lank aanhou.”

Die aardbewing het die stad, met sy 400 000 inwoners, Saterdagoggend vroeg getref. Honderde geboue is beskadig en kragtoevoer na die gebied is afgesny.

Ongeveer 100 000 van die gebied se 160 000 huise het skade opgedoen.

 

- Sapa - AP

Lees meer oor: aardbewings  |  nieu-seeland

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Ernst sê... Dit lyk vir my of daar geen einde aan die die knegskap en jammer sê is nie! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.