Nóg ‘n ontploffing ruk Rusland
2009-11-30 11:27
Moskou – ‘n Ontploffing het vroeg Maandagoggend ‘n treinspoor in Rusland se Caucasian-area van Dagestan verwoes.
“Die ontploffing het plaasgevind kort voor ‘n trein wat vanaf Tyumen na Baku onderweg was, daar sou ry. Die trein het gelukkig nie ontspoor nie, maar wel sowat 150m oor die beskadigde spoor gery in ‘n poging om te probeer stop,” het die plaaslike polisie gesê.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Hierdie aanval kom kort nadat ‘n soortgelyke voorval Vrydag die lewens van sowat 25 mense geëis het wat op ‘n luukse trein vanaf Moskou na Saint-Petersburg onderweg was.
–AFP