Nóg ‘n gebou stort ineen in Turkye
2011-10-25 15:34
Van – ‘n Gebou van sewe verdiepings het in die stad Van in Turkye inmekaargetuimel twee dae na ‘n kragtige aardbewing die gebied getref het.
Die gebou, met 46 woonstelle, het Dinsdag inmekaargestort.
Dit is nog nie bekend of daar mense in die gebou was nie, maar ooggetuies het gesê hulle kon stemme in die rommel hoor.
Die kragtige aardbewing het Sondag 7.2 gemeet en amptenare het inwoners gewaarsku om nie beskadigde geboue binne te gaan nie.
Enige inligting oor vermiste mense in Turkye kan hier gegee of nagevra word.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP