Nóg 'n aardbewing tref Chili, niemand beseer
2010-05-02 20:25
Santiago, Chili - 'n Aardbewing van 5.9 het sentraal Chili getref, alhoewel dit geen skade aangerig of beserings veroorsaak het nie, het mediese beamptes en die Amerikaanse Geological Survey (USGS) gesê.
Volgens Chili se nasionale nooddienskantoor het die aardbewing veroorsaak dat hulle oorval was met oproepe deur bekommerde inwoners.
Die aardbewing het Sondagoggend sowat 140 km suidwes vanaf Chili se hoofstad gebeur.
Dié aardbewing is een van honderde wat al geregistreer is, nadat 'n dodelike aardbewing Chili op 27 Februarie getref het. Altesaam 486 mense het hul lewens verloor.
Duisende inwoners woon steeds in tente en tydelike houthutte.
- Sapa-AP