Nóg ‘n aardbewing ruk Filippyne
2010-03-25 11:49
Manila – ‘n Kragtige aardbewing het Donderdag die Filippynse hoofstad, Manila, geruk.
Renato Solidum, die hoof van die aardbewingsleer-eenheid in Manila, sê dié 6.2 grootte aardbewing het sowat 10 km onder die grond, met sy episentrum in die see wes van Manila, getref.
Amerikaanse geologiese opnames het gemeld dat die aardbewing 6.1 op die Richterskaal gemeet het en op ‘n diepte van 72 km getref het. Volgens hierdie opnames was die episentrum was sowat 137km suidwes van Manila.
Geen onmiddellike skade aan enige geboue is aangemeld nie.
- Sapa