Nóg Pakistanse militante sterf in VSA-aanval
2010-09-09 04:34
Miranshah - ‘n Aanval deur Amerika in die noordwestelike stammestrook van Pakistan vroeg Donderdag het minstens vier militante naby die grens met Afganistan gedood, het veiligheidsbeamptes gesê.
Dié mees onlangse aanval het Noord-Waziristan, dieselfde stammestrook wat in drie ander aanvalle oor die afgelope 24 uur geteiken is, getref. Die strook is ‘n bekende skuilplek vir Taliban- en Al-Kaïda-lede.
Altesaam 22 militante is in die vier aanvalle dood.
“Drie missiele is geskiet. Ons het verneem dat vier militante dood is,” het ‘n veiligheidsbeampte in Peshawar aan AFP gesê.
- Sapa - AFP