Nóg 319 vas in China
2009-08-03 09:24
Beijing - Polisie in China het nog 319 mense wat betrokke was by verlede maand se geweldadige etniese onruste tussen die Moslem minderheidsgroep, Uighurs, en die Han Chinese meerderheidsgroep, in hegtenis geneem.
Volgens Polisie in Urumqi, die hoofstad van China se Xinjiang-provinsie waar meeste van die onruste plaasgevind het, het inligting vanaf die publiek en ander ondersoeke tot die inhegtenisname gelei.
Sowat 1600 mense is reeds in hegtenis geneem vir die geweldadige onruste wat op 5 Julie vanjaar uitgebreek het. Sowat 192 mense is tydens dié etniese konflikte dood.
- AP