Nóg 28 sterf in Sirië
2011-11-23 12:05
Beiroet – Die dodetal na nóg 'n dag van geweld in Sirië het op minstens 28 te staan gekom, het aktiviste gesê.
Die jongste bloedvergieting volg kort ná 'n besluit van 'n komitee van die VN om menseregtevergrype deur die regime van pres. Bashar Assad ten sterkste te veroordeel.
Twee aktivistegroepe in Sirië sê hulle kan die dood van minstens 28 mense Dinsdag bevestig.
Geweld het voortgeduur in die sentrale stede Hama en Homs, die oostelike stad Deir el-Zour en ook in ander dele van die land.
Bykans 4 000 mense is al volgens berigte in geweld in die land dood sedert die weermag agt maande gelede op teenregeringsbetogers begin toeslaan het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP