Nigerië: Veertien dood ná aanvalle by kerke
2010-12-25 16:49
Nigerië - Ongeveer veertien mense is in Nigerië dood en talle gewond na lede van 'n Islamitiese sekte drie kerke aangeval het.
Volgens die polisie is vyf aanbidders en 'n pastoor by 'n Baptiste kerk in Alamderi dood, toe gewapende mans op hulle geskiet het.
In nog 'n deel van die stad, is nege mense dood toe aanvallers die kerk aangeval het.
Soldate kon daarin slaag om 'n derde aanval op 'n kerk te fnuik.
Vroeër is minstens sewe mense dood in bomontploffings op verskeie plekke in die land.
'n Onbekende groep het volgens die Weermag gewaarsku dat hy sal sorg dat Kersfees nié in Nigerië gevier word nie.
Geweld tussen Christene en Moslemgroepe in Nigerië het reeds talle lewens vanjaar geëis.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP